👧 👶 👦 Ouers wat hul kinders oorbeskerm en álles vir hulle doen, doen hulle ’n groot onreg
aan, omdat hulle nooit leer dat hulle dinge self kan doen nie.
Ansa Lange, stigter van Future Fit Parenting wat ouerskapwerkswinkels aanbied, sê ’n kind kry
só die boodskap dat jy nie vertroue in sy vermoë het nie of dat hy nie verantwoordelikheid hoef
te aanvaar nie.
Die terapeut en lewensafrigter van Bloemfontein sê dié kinders sukkel later in hul volwasse lewe
om aan te pas, omdat hulle geleer het alles word vir hulle doen.
“Die oomblik as jou kinders iets self kan doen, moet jy dit nie meer vir hulle doen nie, glad nie.
“Ouers se verantwoordelikheid is eintlik om hul kinders te leer om so gou as moontlik
onafhanklik te wees – na my mening word jou sukses as ouer daaraan gekoppel.”
Netwerk24 het met Lange gesels na aanleiding van ’n treffende pleidooi aan ouers van ene Elana
Barke wat vroeër op die Facebookblad Studiemeester SA geplaas is.
Dit handel oor alles wat ouers vir hul kinders doen en laat hulle wonder of hulle dit vir hulself of
die kind doen.
BARKE SKRYF sy was ’n onderwyser vir 13 jaar en het twee seuns.
In die skrywe vra sy onder meer dat mense ophou om hul kinders vir allerhande kompetisies in te
skryf, ophou hul skooltake doen, ophou om hulle in “naamklere” te klee, ophou om duur tema
partytjies vir kleintjies wat nog nie kan praat nie te hou, en ophou om hulle vir elke
“stimulerende” aktiwiteit in te skryf.
“Hou op om jou kind se skooltake te doen, die onderwysers giggel lekker vir jou vreemde
taalgebruik.
“Los jou kind dat hy van die hond met die lang tande skryf in sy opstel, hy leer dan om homself
uit te druk en dat sy gevoelens en opinies saak maak,” skryf sy onder meer.
Sy sê kinders wil speel sonder om bekommerd te wees dat hulle hul duur klere beskadig en raak
moeg om aan elke aktiwiteit, waarvoor jy boonop “deur jou ore” betaal, deel te neem
“Jou kind is nie ’n skouperdjie nie, ook nie ’n troeteldiertjie nie. Gesels, lag, raak vuil en wees
net.
Staan terug, haal asem en wees net,” is Barke se boodskap.
❓ Lange sê ouers moet hulself afvra wat hul beweegrede is – doen hulle dit vir hulself of die
kind? Sy sê ouers doen dikwels al dié goed vir hul kinders uit ’n selfsugtige oogpunt, omdat dit
hulle na goeie ouers laat lyk.
Hierdie artikel se FB post het viral gegaan – baie reaksie
uitgelok – dalk het jy ’n voorstel om dit te leverage – anders dalk
in in ’n blog artikel?
💟 Sy sê talle kwessies wat mense as volwassenes beleef, het begin by ouers se goeie bedoelings
en onkunde.
✅ “Ouers se taak is om hul kinders te help om hulle te help om hul tyd reg te bestuur, te
prioritiseer en veerkragtig te wees en gesonde keuses te maak.”
Sy sê as ouers hul kinders se take doen, glo hulle nooit in hul eie vaardighede nie en ontwikkel
nie ’n verwysingsraamwerk van wat vir hulle moontlik is nie. Dit spoel oor in hul volwasse lewe.
😔 Wanneer is die aktiwiteite te veel en die druk om te presteer te hoog?
“As die kind se geestesgesondheid daaronder begin ly. Wanneer die kind simptome van angs
begin toon en begin onttrek. Kinders wat te bang is vir hul ouers sal onttrek en dié wat eiesinnig
is, kan buitengewoon opstandig word.”
🏆 Sy sê ouers moet hul kinders leer dat hulle moet presteer en oefen in die mate waarop hulle
op hulself sal trots wees. Hulle moet leer hul ouers sal dan trots wees omdat hulle op hulself trots
is en volgens eie vermoë presteer. Anders word selfwaarde op eksterne goed gebou.
“Jy moet jou kind, en jouself, nooit leer om identiteit op die hoogtepunte van die lewe te bou nie,
want wie is jy dan in die laagtepunte?”
Ouers moet hul kinders leer om terug te bons in slegte tye, sê Lange.
🕊 “Daar’s ’n fyn lyn om jou kinders genoeg te ondersteun dat hulle genoeg in hulself glo om
alleen te vlieg en nie altyd eerder op Mamma se rug saam te moet vlieg nie.”

4 replies
  1. Branda Gottwald
    Branda Gottwald says:

    Everything is very open with a precise description of the challenges. It was truly informative. Your site is extremely helpful. Thanks for sharing!

    Reply
    • ansa@lange2.net
      ansa@lange2.net says:

      Thank you for your reply Branda, I am so happy to hear that you found it helpful. My apologies for replying so late, I am still working on getting to know the tech side of my business. May you have a wonderful and blessed festive time. Warmest regards, Ansa

      Reply
    • ansa@lange2.net
      ansa@lange2.net says:

      Thank you very much for your kind words Alice. I’m sorry for only replying now, I somehow missed the comments in the back end of my site until I spotted an e-mail reminder about it. I am still learning to navigate all my tech. May you have a blessed festive season. Warm regards, Ansa

      Reply

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *